• bikers_1.jpg
  • bikers_2.jpg
  • bikers_3.jpg
  • bikers_4.jpg

Stay informed!

Subscribe to our newsletter

Moto-Adventure SA se eerste ADVENTURE naweek vir 2017
25-26 Februarie 2017
'n Rit met 'n verskil!

 

 

Ons gee 'n behoeftige gesin die kans om 'n lekker wegbreek naweek saam met MOTO-ADVENTURE SA se avontuurlike ryers en ondersteuners te gaan geniet by die KORENTEPOORTDAM.  Daar sal hulle getrakteer sal word, met lekker samesyn van avontuurlike vriende rondom die kampvuur, met lekker braai en potjiekos etes asook 'n bootrit met lekker pret aktiwiteite op die dam.  KORENTEPOORTDAM is geleë tussen Swellendam- Suurbraak/Riversdal Distrik.

ROETE:
Vertrekpunt sal 08H00 stiptelik vanaf N1 Winelands One Stop wees.  Van daar af teerpad tot by Robertson.  Dan oor McGregor grondpad tot in Swellendam.  Al langs die mooie Langeberge oor Suurbraak tussen die plase deur na Korentepoortdam (al die pad grondpad).  Beplande aankoms sal wees 12h00 sodat daar genoeg tyd sal wees om die dag te geniet.  Sondag huiswaarts oor die Gorcia’s pas (R323) teerpad, dan 'n stukkie grondpad na Barrydale.

Akkommodasie sal “Adventure biking styl” wees.  Jou tent sal reeds opgeslaan wees by aankoms (3 man Dome tent).  Een per tent - bring net eie opblaas matras en slaapsak – dit kan jy op die bagasie voertuig laai.

Koste R750 p.p. (kinders onder 12 gratis)

KOSTE SLUIT IN:
Ondersteunings/bagasie voetuig met motorfiets sleepwa
Medic
Kampkostes
Bootrit op die dam
Verskeie aktiwiteite, vermaak en hope pret vir die kinders (ONTHOU BOOTRIT EN VERMAAK OP EIE RISIKO)
Aandetes -  braai en hoenderpotjie met bykosse
Ligte ontbyt met koffie

Moto-Adventure SA se Charity projek vir die naweek werk as volg:

'n Behoeftige gesin wat gekeur sal word deur 'n kerk/welsyn/Radio Tygerberg organisasie sal die naweek op 'n avontuurlike manier getrakteer word.  Daar sal ook 'n kos koopbewys aan hulle gegee word as deel van Moto-Adventure SA se ondersteuners se bydrae EN graag hiermee vra ons GROOT asb 'n donasie van R200 ter ondersteuning van die projek asook enige hulp en skenkings sal opreg waardeer word.

WAT MOET JY BRING:
Jou gesin vir 'n lekker kamp naweek!!!!! Nog meer, 'n lekker beskostigbare naweek vir 'n spanbou vir die kleinsake besigheidsman.
Roete is geskik vir gewone voertuie. 
Bring eie eetgerei soos mes, vurk, bord en beker. 
Eie slaapsak, opblaas matras, kopflits, swemklere, sonskerm en hoed.

'n Groot dankie aan die betrokkenes wat die naweek moontlik maak:

Imperial select (JP en Martin Friederich) verskaffers van voertuie
Rudolf Troskie wat die boot verskaf
Adrie, Jeanette en Francois (Moto-Adventure SA Groep) helpers en kokke
Hyron (Event Medic)

 

 

Contact Us

Mouton van Zyl

082 658 2795

admin@motoadventuresa.com